Het jy net een uur per week saam met die kinders en wil jy die tyd gebruik om werklik 'n verskil in die kinders se lewens te maak? Glo jy dat geloofsoortuigings en lewenswaarhede deur ervarings versterk kan word? Twyfel jy of jou manier van aanbied regtig die kol tref?
Dan is hierdie werkswinkel net vir jou!
In hierdie werkswinkel word daar na nuwe speletjies en fasiliteringsgereedskap gekyk wat nog nie voorheen by ons Bronze Baobab werkswinkels aangebied is nie. Ons nuwe boek: "Ervaringsleer Kook Alweer" word ook by hierdie werkswinkel bekend gestel.
🗓️ Wanneer: 19 September 2026 09:00-13:00
🌐 Waar: NG Kerk Lynnwood
🎓 Aanbieders: Dr. Roelf Opperman & Ds. Fritz Snyman
👥 Vir wie: Enigeen wat met jongmens- en kindergroepe werk.
Kliek HIER om te registreer. Slegs R550.00 per persoon
Navrae: info@bronzebaobab.com
Die skuif van laerskool na hoërskool is een van die grootste oorgange in ’n jongmens se lewe. Nuwe vriende, groter onafhanklikheid, vakkeuses, groepsdruk, morele uitdagings en die onsekerheid van “waar pas ek in?” kan opwindend én oorweldigend wees.
Die Graad 7 Kopskuif Werkswinkel van Bronze Baobab help jongmense om met groter selfvertroue, wysheid en emosionele gereedheid hierdie nuwe fase binne te stap.
Van 1–3 Oktober 2026 neem ons graad 7-leerders op ’n dinamiese ervaringsleerreis waar hulle deur aktiwiteite, speletjies, gesprekke en uitdagings ontdek hoe om:
* gesonde keuses te maak,
* groepsdruk te hanteer,
* nuwe verhoudings te bou,
* geestelik te groei,
* hul identiteit en waardes te versterk,
* leer om die gevare sosiale media te bestuur,
* en met moed die hoërskoolwêreld tegemoet te gaan.
Ons gebruik Bronze Baobab se unieke ervaringsleermetodes waar leerders nie net luister nie, maar self beleef, ontdek en groei. Die werkswinkel is prakties, energiek, geloofsgegrond en propvol beweging, pret en betekenisvolle gesprekke.
Die ervaring sluit af met ’n spesiale ete saam met ouers, waar gesinne die geleentheid kry om eerlik te gesels oor vrese, drome, opgewondenheid en hoop vir hierdie nuwe lewensfase.
🗓️ Wanneer: 1-3 Oktober 2026 09:00-15:30
🌐 Waar: NG Kerk Lynnwood
🎓 Aanbieders: Dr. Roelf Opperman & Ds. Fritz Snyman
👥 Vir wie: Graad 7 leerders wat gereed maak vir die lewe.
Kliek HIER om te registreer - Slegs R1200 per kind.
Wil jy groepe meer kreatief, deelnemend en doelgerig fasiliteer?
Bronze Baobab bied van 2–4 November 2026 weer ons gewilde Kreatiewe Fasilitering Werkswinkel aan. Hierdie praktiese opleiding is ontwerp vir fasiliteerders, opleiers, konsultante, predikante, onderwysers, spanleiers en enigiemand wat met groepe werk.
Tydens die werkswinkel leer deelnemers hoe om Bronze Baobab se kreatiewe fasiliteringsgereedskap doelbewus in prosesse te gebruik om:
Die opleiding is hoogs interaktief en gebaseer op ervaringsleer. Deelnemers kry die geleentheid om die gereedskap self te beleef, te oefen en te leer hoe om dit in verskillende kontekste toe te pas, insluitend:
Teen die einde van die werkswinkel sal deelnemers met groter selfvertroue kreatiewe fasiliteringstegnieke kan gebruik om groepe te begelei na betekenisvolle leer, groei en verandering.
Metodes: Ervaringsleer, kreatiewe fasilitering, groepsprosesse en refleksie
"Mense onthou nie altyd wat jy gesê het nie, maar hulle onthou die ervaring wat hulle gehad het."
🗓️ Wanneer: 2-4 November 2026 09:00-15:00
🌐 Waar: NG Kerk Lynnwood
🎓 Aanbieders: Dr. Roelf Opperman & Ds. Fritz Snyman
👥 Vir wie: Enigeen wat groepe fasiliteer. Metodes: Ervaringsleer, kreatiewe fasilitering, groepsprosesse en refleksie
Kliek HIER om te registreer - slegs R1500.00 per persoon
Skryf nou in vir ons Fasiliteerder Meesterklasse. Dis 'n Interaktiewe ruimte vir leer en groei, vir almal wat al in die verlede 'n Bronze Baobab-werkswinkel bygewoon het.
Is jy op soek na 'n ruimte waar waar ervare (en ook minder ervare) fasiliteerders in jeug- en volwasse fasilitering bymekaarkom om hul wysheid en ervaring te deel? Dan is hierdie sessies net vir jou. Hierdie sessies bied 'n unieke geleentheid vir deelnemers wat reeds 'n Bronze Baobab-werkswinkel bygewoon het om insigte te verkry van Roelf en Fritz wat al jare lank in die veld werk en werklike uitdagings aanspreek waarmee mense te make het. Of jy nou 'n opkomende fasiliteerder is wat jou vaardighede wil slyp, of 'n deurwinterde professionele persoon wat op soek is na vars perspektiewe, hierdie forum bied 'n ondersteunende en samewerkende omgewing waar kennis vryelik gedeel word. Dit is soos 'n skatkis vol waardevolle inligting wat wag om ontdek te word!
Die klasse vind AANLYN plaas, elke tweede Donderdag van die maand, vanaf April tot November 2027 vanaf 20:00-21:30.
Koste R1500.00 vir die jaar.
Kliek HIER om in te skryf
Luister na die video hier onder as jy nog wonder of jy moet inskryf, of kontak vir Roelf of Fritz by info@bronzebaobab.com
24 Januarie - Kreatiewe Jeuggroepfasiliteerder opleiding (NG Hulp en Hoop) - Vol bespreek
7 Februarie - Kreatiewe Jeuggroepfasiliteerder opleiding (NG Lynnwood)
19 September - Kreatiewe Jeuggroepfasilitering II (NG Lynnwood) R550.00 per persoon
1-3 Oktober Graad 7 Kopskuif werkswinkel. (Vir alle Graad 7's) NG Lynnwood R1200.00
2-4 November Fasiliteerder opleiding -NG Lynnwood R1500.00
I attended the 2 day Creative Counseling workshop at Bronze Baobab. A wealth of tools were given and demonstrated that can be used to help clients. The relaxed way that the workshop were handled by the two excellent facilitators, made it easy. Thank you for sharing your years of expertise.
Dr. Frieda Smalberger - Director: InterTraumaNexus, Chairperson: Tshwane North Outreach
“Baie sinvolle werkswinkel – het blootstelling gehad om bestaande tegnieke wat gebruik word binne maatskaplike werk, op ‘n kreatiewe manier toe te pas.”
Debro van Wyngaard : Social worker – Multi-Disciplinary Development Centre, Jakaranda Kinderhuis
I had the privilege of attending Bronze Baobab’s Creative Counselling workshop. It was simply amazing! Apart from the many creative tools that we were introduced to, I was especially struck by the deep wisdom and experience of our two facilitators. Thank you so much!
Francois Smit: Pastor Arcadia Faith Community
I highly recommend this workshop; it equips and empowers one with easy-to-implement, very practical, creative and highly effective counselling tools, that can be used with adults and with children - I have already tried out in my counselling work, with therapeutic success, some of the creative tools obtained in this workshop of just two weeks ago. My immense gratitude!
Ornella Pasqua: Advanced Religious Practitioner (CPSC Reg.No. 2019P00527) The Listening Centre, Zwavelpoort
Click HERE to register.

Phone:+27 82 335 1156
Email: info@bronzebaobab.com
The creative use of experiential learning has enabled us to develop tailor made solutions for our culturally-diverse clients. Our client base comprises successful entrepreneurs, flourishing companies, NGOs, government and semi-government institutions, faith based organizations, churches and schools. All clients are treated with the utmost confidentiality and discretion.
We specialize in: